
Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit
Loading player...
Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,2-persent gekrimp, terwyl die amptelike werkloosheidskoers op 33,6-persent staan. Mashatile sê die behoud van werkgeleenthede moet 'n meer doelbewuste deel van nywerheidsbeleid word:

