Gebrek aan gemeenskapsingryping dryf herhaalde misdaad aan

Loading player...
Geestesgesondheidkundiges waarsku dat die versuim om gestruktureerde, gemeenskapsvlak-ingrypings te verskaf, hoë koerse van herhaalde oortredings onder vrygelate misdadigers aanwakker. Sielkundige Shaun Whittaker sê dat die herhaaldelike arrestasie en vrylating van oortreders terug in dieselfde sosiale netwerke kriminele gedrag en aangeleerde hulpeloosheid versterk, veral wanneer regstellingswerk buite bereik bly. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kerntoetsontploffing-simulasie in Erongo-streek hou klomp voordele vir Namibië

Die aanbieding van Afrika se eerste kerntoetsontploffing-simulasie in die Erongo-streek bring groot ekonomiese en diplomatieke voordele vir die land. Magdalena Shipiki, hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge by die internasionale betrekkinge-ministerie, sê dat die oefening, wat 147 miljoen Namibiese dollar kos, logistiek, gasvryheid en toerisme aan die kus ’n hupstoot gee. Sy…
15 Oct 6AM 1 min

Sherbourne sê Namibië moet liewer sy bande met VSA versterk

Die ekonoom Robin Sherbourne sê Namibië behoort verder te kyk as sy groeiende bande met Rusland en China, en eerder meer te fokus op die versterking van sy verhouding met die Verenigde State. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Sherbourne dat, hoewel Amerikaanse beleids-besluite onder president Donald Trump…
15 Oct 6AM 1 min

Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van…
15 Oct 5AM 1 min

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min