
Tweede skoolvakansie en Heldedag padveiligheids-inisiatiewe groot sukses
Loading player...
Nasionale padveiligheid-operasies wat die tweede trimester skool-vakansie en Heldedag-tydperk dek, het gelei tot 'n afname van 35-persent in padsterftes op die land se belangrike hoofweë. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat verkeersbeamptes tydens die veldtog langs die B1- en B2-snelweë meer as 21 800 voertuie voorgekeer het. 16-duisend-500 bestuurders is in die tydperk vir alkohol getoets, en 2,6 miljoen Namibiese dollar in skulderkenning-s-boetes is ook uitgereik:

