Bou van 2 voetganger-brûe oor Westelike Verbypad begin in November

Loading player...
Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi sê die konstruksie van twee voetganger-brûe oor die Westelike Verbypad sal voor die einde van November afskop. Nekundi het Woensdag gereageer op ‘n vraag in die parlement deur Affirmative Repositioning-LP, George Kambala. Kambala wou weet, behalwe vir die installering van spoedhobbels, hoekom dit so lank vat om met ‘n permanente oplossing vorendag te kom om voetganger-veiligheid op die B1 te verbeter. Nekundi het bevestig dat die brugontwerpe reeds voltooi en goedgekeur is en dat addisionele voetgangersbrûe ook in die verdere toekoms beplan word:
15 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ma van 18-jarige Karinambande Muundjua vra om vergifnis

Die ma van die 18-jarige wat Woensdag in die Okahandja-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord op die die 5-jarige Ingrid Maasdorp en die 6-jarige Roswinds Fabianu op Okahandja, sê sy is jammer vir wat haar seun gedoen het. Selma Tjivikua het aan Nampa gesê haaar familie is geskok oor…
15 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
15 Oct 12AM 4 min

DA vra vir beter beheer na BKS-uitbreking in Addo

Die DA vra die Oos-Kaapse regering om maatreëls te verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom nadat die siekte by koedoes in die Addo-olifant Nasionale Park bevestig is. Die bron van die besmetting en enige moontlike verband met ander uitbrekings word steeds ondersoek. Die DA-lid Heinrich Müller dring aan…
14 Oct 11PM 1 min

Regering wil KI-beleid vir staatsdiens instel

Die regering gaan 'n beleid instel wat die gebruik van kunsmatige intelligensie in die staatsdiens sal rig, namate hy pogings verskerp om digitale transformasie en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Tydens die amptelike opening van die negende Nasionale IKT-beraad in Ongwediva het inligtingminister Emma Theofelus gesê dat stelsels veilig met mekaar…
14 Oct 11PM 1 min

Hou Sibiya agter tralies, vra beweerde slagoffers

Twee beweerde slagoffers in die verkragtings- en seksuele gereedmaking-saak teen die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya, het die Randburg-landdroshof gevra om hom in aanhouding te hou. Hulle het in slagofferverklarings wat in die hof voorgelees is, vrese geopper oor hul veiligheid indien Sibiya op borgtog vrygelaat word. Die 16-jarige klaagster…
14 Oct 11AM 1 min