Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

Loading player...
“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV
Jou woorde het krag
Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk daaraan wy (sien Jakobus 3:1-12). Hoekom? Omdat jou woorde krag het. Hulle kan seën of breek, help of seermaak. Mense wat die teiken van harde woorde was, kan ‘n leeftyd se wonde daarvan dra. Te veel kinders het al ‘n gefrustreerde ouer hoor sê: ‘Jy is nutteloos en jy sal nooit iets in die lewe bereik nie.’ Hierdie kinders glo hul ouers en laat toe dat daardie woorde hul selfbeeld vorm en hul selfwaarde bepaal. Ander kinders het ouers wat hulle met koesterende woorde soos: ‘Jy is belangrik en God het iets vir jou in gedagte wat niemand anders as jy kan doen nie,’ aanmoedig. Hierdie kinders glo hulle ouers se boodskap en leef dit uit wanneer hulle grootword. Jakobus het drie stellings oor die gebruik van ons tong gemaak en twee illustrasies gegee om elke punt te staaf. Eerstens het hy ons daaraan herinner dat ons ons woorde kan beheer en rig en dit met ‘n perd se toom en ‘n skip se roer vergelyk. Tweedens het hy gesê dat twisgierige woorde so vernietigend soos vuur en gif kan wees. Laastens het hy ons daarop gewys dat teenstrydige spraak misleidend kan wees en hy het dit met beelde van ‘n fontein en ‘n vyeboom geïllustreer. Ons woorde openbaar wat in ons harte is. Of ons nou ons woorde spreek of op ‘n sleutelbord tik, hulle het die krag om te genees of seer te maak, te help of te verhinder. Jy hoef nie woorde wat jy nie geuiter het terug te neem nie, dus het Dawid gebid: ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here…’ (Psalm 141:3 NLV).
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min