Woord vir Vandag - 31 Okt 2026
Loading player...
“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV
Jou woorde het krag
Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk daaraan wy (sien Jakobus 3:1-12). Hoekom? Omdat jou woorde krag het. Hulle kan seën of breek, help of seermaak. Mense wat die teiken van harde woorde was, kan ‘n leeftyd se wonde daarvan dra. Te veel kinders het al ‘n gefrustreerde ouer hoor sê: ‘Jy is nutteloos en jy sal nooit iets in die lewe bereik nie.’ Hierdie kinders glo hul ouers en laat toe dat daardie woorde hul selfbeeld vorm en hul selfwaarde bepaal. Ander kinders het ouers wat hulle met koesterende woorde soos: ‘Jy is belangrik en God het iets vir jou in gedagte wat niemand anders as jy kan doen nie,’ aanmoedig. Hierdie kinders glo hulle ouers se boodskap en leef dit uit wanneer hulle grootword. Jakobus het drie stellings oor die gebruik van ons tong gemaak en twee illustrasies gegee om elke punt te staaf. Eerstens het hy ons daaraan herinner dat ons ons woorde kan beheer en rig en dit met ‘n perd se toom en ‘n skip se roer vergelyk. Tweedens het hy gesê dat twisgierige woorde so vernietigend soos vuur en gif kan wees. Laastens het hy ons daarop gewys dat teenstrydige spraak misleidend kan wees en hy het dit met beelde van ‘n fontein en ‘n vyeboom geïllustreer. Ons woorde openbaar wat in ons harte is. Of ons nou ons woorde spreek of op ‘n sleutelbord tik, hulle het die krag om te genees of seer te maak, te help of te verhinder. Jy hoef nie woorde wat jy nie geuiter het terug te neem nie, dus het Dawid gebid: ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here…’ (Psalm 141:3 NLV).