Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

Loading player...
“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV
Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek
Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het om te wees. In die proses leer ons hoe om ons swakhede te oorkom en op God se krag te steun. Dit beteken dikwels om te leer hoe om slegte gewoontes te verbreek. Sommige van hierdie gewoontes is voor die hand liggend, soos alkohol- en dwelmmisbruik. Sommige is nie so voor die hand liggend nie, soos skinder, jaloesie en veroordeling. God wil nie hê dat ons deur ons emosies en impulse beheer word nie - Hy wil hê dat ons oorwinning moet behaal. Om ‘n slegte gewoonte te verbreek, vereis dat ons ‘n reeks goeie keuses maak, een na die ander. Die meeste van ons probeer dit op ons eie sonder die hulp van die Heilige Gees doen en misluk dan. Jesus het gesê: ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV). Die Heilige Gees sal egter nie ongenooid opdaag nie; jy moet Hom vir sy hulp vra. Die Bybel sê dat ons die slegte deur die goeie oorwin. Dis een van die grootste geheime in God se Woord. Dis baie makliker om die regte keuse te maak wanneer jy op God en jou oorwinning, in plaas van jou vrees vir mislukking, gefokus is. Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. ‘n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie’ (Matteus 26:41 NLV). Dit beteken dat wanneer jy bid en waaksaam is, jy daardie slegte gewoonte kan verbreek.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min