Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

Loading player...
“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV
Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek
Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het om te wees. In die proses leer ons hoe om ons swakhede te oorkom en op God se krag te steun. Dit beteken dikwels om te leer hoe om slegte gewoontes te verbreek. Sommige van hierdie gewoontes is voor die hand liggend, soos alkohol- en dwelmmisbruik. Sommige is nie so voor die hand liggend nie, soos skinder, jaloesie en veroordeling. God wil nie hê dat ons deur ons emosies en impulse beheer word nie - Hy wil hê dat ons oorwinning moet behaal. Om ‘n slegte gewoonte te verbreek, vereis dat ons ‘n reeks goeie keuses maak, een na die ander. Die meeste van ons probeer dit op ons eie sonder die hulp van die Heilige Gees doen en misluk dan. Jesus het gesê: ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV). Die Heilige Gees sal egter nie ongenooid opdaag nie; jy moet Hom vir sy hulp vra. Die Bybel sê dat ons die slegte deur die goeie oorwin. Dis een van die grootste geheime in God se Woord. Dis baie makliker om die regte keuse te maak wanneer jy op God en jou oorwinning, in plaas van jou vrees vir mislukking, gefokus is. Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. ‘n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie’ (Matteus 26:41 NLV). Dit beteken dat wanneer jy bid en waaksaam is, jy daardie slegte gewoonte kan verbreek.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2026

“…U bemoedig my en gee my krag.” Psalm 138:3 NLV Glo in jouself; God doen! ‘n Seuntjie het met homself gepraat terwyl hy uit sy huis met ‘n bofbalkolf en ‘n bal na die grasperk in die agtertuin toe gestap het. Hy het sy bofbalpet in ‘n saluut vir sy…
29 Sep 1 min