Woord vir Vandag - 29 Okt 2026

Loading player...
“…U bemoedig my en gee my krag.” Psalm 138:3 NLV
Glo in jouself; God doen!
‘n Seuntjie het met homself gepraat terwyl hy uit sy huis met ‘n bofbalkolf en ‘n bal na die grasperk in die agtertuin toe gestap het. Hy het sy bofbalpet in ‘n saluut vir sy hondjie gelig. Toe tel hy die kolf en bal op en kondig met ‘n harde stem aan: ‘Ek is die beste kolwer in die wêreld.’ Hy gooi toe die bal in die lug, swaai die kolf en slaan die bal mis. ‘Strike one!’ roep hy uit, asof hy ook die rol van die skeidsregter vertolk. Hy tel die bal op, gooi dit in die lug en sê weer: ‘Ek is die beste bofbalkolwer ooit!’ Weer swaai hy na die bal en mis. ‘Strike two!’ roep hy vir sy hond wat sit en kyk. Onverskrokke tel hy die bal op, ondersoek sy kolf en kondig net voor hy die bal in die lug gooi, weer eens aan: ‘Ek is die beste kolwer wat ooit geleef het.’ Hy swaai die kolf met mening, maar mis vir die derde keer die bal. ‘Strike three!’ roep hy uit. Na ‘n oomblik voeg hy by: ‘Sjoe, wat ‘n arm! Ek is die beste gooier in die wêreld!’ Dit is wat mens ‘n positiewe geesteshouding noem. Wanneer jy weet dat God jou verlos het, jou toegerus het en jou geroep het om Hom te dien, is dit die houding wat jy ook moet inneem. Omdat God jou liefhet, jou aanvaar en in jou glo, moet jy in jouself glo. Dawid het gesê: ‘Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag.’ Die woord vir vandag is dus: glo in jouself; God doen.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min