Woord vir Vandag - 29 Okt 2026
Loading player...
“…U bemoedig my en gee my krag.” Psalm 138:3 NLV
Glo in jouself; God doen!
‘n Seuntjie het met homself gepraat terwyl hy uit sy huis met ‘n bofbalkolf en ‘n bal na die grasperk in die agtertuin toe gestap het. Hy het sy bofbalpet in ‘n saluut vir sy hondjie gelig. Toe tel hy die kolf en bal op en kondig met ‘n harde stem aan: ‘Ek is die beste kolwer in die wêreld.’ Hy gooi toe die bal in die lug, swaai die kolf en slaan die bal mis. ‘Strike one!’ roep hy uit, asof hy ook die rol van die skeidsregter vertolk. Hy tel die bal op, gooi dit in die lug en sê weer: ‘Ek is die beste bofbalkolwer ooit!’ Weer swaai hy na die bal en mis. ‘Strike two!’ roep hy vir sy hond wat sit en kyk. Onverskrokke tel hy die bal op, ondersoek sy kolf en kondig net voor hy die bal in die lug gooi, weer eens aan: ‘Ek is die beste kolwer wat ooit geleef het.’ Hy swaai die kolf met mening, maar mis vir die derde keer die bal. ‘Strike three!’ roep hy uit. Na ‘n oomblik voeg hy by: ‘Sjoe, wat ‘n arm! Ek is die beste gooier in die wêreld!’ Dit is wat mens ‘n positiewe geesteshouding noem. Wanneer jy weet dat God jou verlos het, jou toegerus het en jou geroep het om Hom te dien, is dit die houding wat jy ook moet inneem. Omdat God jou liefhet, jou aanvaar en in jou glo, moet jy in jouself glo. Dawid het gesê: ‘Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag.’ Die woord vir vandag is dus: glo in jouself; God doen.