Woord vir Vandag - 21 Okt 2026

Loading player...
“…U het hierdie goeie dinge aan u dienaar belowe.” 2 Samuel 7:28 NLV
Vertrou God vir ‘Goeie Dinge’
Ons streef elke dag daarna om te ‘...leef deur te glo en nie deur te sien nie’ (2 Korintiërs 5:7 NLV). Dit is egter nie maklik nie. Dit verg gedagtes wat deur die Skrif deurdrenk is om ‘n geloofskeuse te maak wanneer jy ’n situasie in die gesig staar wat onmoontlik lyk. Hoe ontwikkel jy daardie soort geloof? Vir ‘n verhouding om te floreer, moet beide partye tyd en energie belê om mekaar te leer ken. Blywende verbintenisse word op vertroue en ‘n intieme kennis van die ander persoon se gewoontes en karakter, gebaseer. Dit is ook dieselfde met God. Met verloop van tyd, soos jy sy getrouheid ervaar, word dit makliker om jou vrees te laat vaar en dit met vertroue te vervang. Een outeur skryf: ‘Om God te leer ken, beteken om saam met Hom te wandel, tyd met sy Woord deur te bring en om sy vlekkelose karakter en die tallose voorbeelde van sy onfeilbare liefde, te leer ken. Dit beteken om te bid, te praat en al die besonderhede van jou lewe en die innerlike werking van jou hart te deel. Hy weet dit alles reeds, maar Hy geniet die intimiteit van die gesprek. Soos enige gebalanseerde verhouding, kan ons egter nie altyd die een wees wat praat nie. Ons moet tyd maak om te luister, om voor die Here te kniel en stil te word en die geraas van ons gedagtes en die gejaag van ons emosies stil te maak.’ Onthou, die enigste plek waar vrees kan werk is in die leë ruimte waar jou geloof moet wees. Vrees word op die dinge wat jy sien en hoor gebaseer. Geloof word op die wete dat God se Woord betroubaar is en dat Hy ‘goeie dinge’ belowe aan diegene wat Hom daarvoor glo, gebaseer!
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min