Woord vir Vandag - 20 Okt 2026

Loading player...
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!..” Jesaja 43:18-19 NLV
Laat die verlede met rus
Nadat hy twee keer tydens die Olimpiese spoedskaatswedlope van 1988 geval het, het Dan Jansen die sportsielkundige, dr Jim Loehr, begin spreek, wat hom gehelp het om ‘n nuwe balans tussen sport en die res van sy lewe te vind en om meer aandag aan die geestelike aspekte van skaats te gee. Peter Mueller het Dan se afrigter geword en hom deur oefensessies gelei wat hy as ‘die moeilikste wat ek nog ooit moes deurmaak,’ beskryf het. Teen die tyd dat die Olimpiese Spele van 1994 aangebreek het, het Jansen meer selfvertroue as ooit gehad. Hy het net twee maande tevore ‘n wêreldrekord oor die 500 meter opgestel, dus het almal voorspel dat hy goud in daardie wedloop sou wen. Toe gebeur die ondenkbare - hy val tydens die 500 meter-wedloop. Dr Loehr het hom aangeraai: ‘Begin nou voorberei vir die 1000 meter-wedloop. Trek onmiddellik ‘n streep deur die 500 meter-wedloop. Hou op om dit te herleef. Dink aan die 1000!’ Jare lank het Jansen nie geglo dat hy daardie afstand kon wen nie, aangesien hy dit nog altyd as sy swakker item beskou het. Nou was dit sy laaste kans op ‘n Olimpiese medalje. Toe die wedren begin, het Jansen gesê: ‘Dit het gevoel of ek goed aan die gang is, toe het ek gegly en amper uit die baan getree.’ Tog het hy nie paniekerig geraak nie; hy het aangehou en ‘n wêreldrekordtyd aangeteken wat hom die goue medalje besorg het. Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer. Laat die verlede met rus en glo dat God beter dae vir jou in gedagte het - want Hy het. Die woord vir vandag is dus: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!..’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min