Woord vir Vandag - 19 Okt 2026

Loading player...
“…Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.” Josua 24:15 NLV
Eer God in jou huis
Joe was ‘n skrynwerker wat vir ‘n boukontrakteur gewerk het. Eendag het die kontrakteur vir hom gesê: ‘Joe, ek stel jou in beheer van die volgende huis wat ons bou. Ek wil hê jy moet die materiaal bestel en toesig hou oor die werk.’ Joe het die opdrag met groot entoesiasme aanvaar. Hy het die bloudrukke bestudeer en elke meting en spesifikasie nagegaan. Toe het hy gedink: ‘As ek werklik in beheer is, hoekom kan ek nie ‘n paar kortpaaie vat nie, goedkoper materiale gebruik en die ekstra geld in my sak steek nie? Wie sal weet? Sodra die huis geverf is, sal dit fantasties lyk.’ Joe het toe tweedegraadse hout en goedkoop beton bestel, goedkoop bedrading ingesit en elke kortpad gevat wat hy kon. Toe die huis klaar was, het die kontrakteur dit kom besigtig. ‘Jy het ‘n goeie werk gedoen!’ het hy gesê. ‘Jy was al die jare getrou aan my en ek het besluit om my dankbaarheid te betoon deur jou hierdie huis wat jy so pas gebou het, as ‘n geskenk aan jou te gee.’ Nag na nag, terwyl Joe in die bed gelê en geluister het na die dak wat lek en die vloer wat kraak, het hy die boodskap hard en duidelik gehoor: Die huis wat jy bou, is die huis waarin jy sal moet woon! Skeep jy jou eggenoot en jou gesin af wat liefde, tyd, voorbeeld en onderrig betref? Jy kan maar weet: daar sal ‘n tyd kom wanneer jy spyt sal wees oor wat jy gedoen het en nagelaat het om te doen. Afhangende van tyd en geleentheid, mag jy dalk nie ‘n kans kry om dit ongedaan te maak nie. Maak dus die volgende jou gebed: ‘…Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min