Woord vir Vandag - 18 Okt 2026
Loading player...
“…Ek is met ‘n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie.” Nehemia 6:3 NLV
Wees versigtig na wie jy luister
Soos Dawid se ouer broer, Eliab, sal daar altyd mense wees wat jou probeer ontmoedig om die reus in jou lewe dood te maak of enige ander Godgegewe opdrag aan te pak (sien 1 Samuel 17:28). Hul weerstand kan wees omdat hulle nie wil hê jy moet hulle agterlaat nie. Of dit kan wees dat hulle hul vrees en gebrek aan geloof op jou projekteer. Dit kan selfs afguns wees; hulle is wrokkig dat jy poog om dit te doen wat hulle te bang is om te doen. Hierdie weerstand mag dalk ‘n toppunt bereik wanneer jy slaag waar hulle misluk het. Wat ook al hul motivering en voorneme mag wees, jy sal dalk alleen in jou strewe moet staan. Nehemia se vyande het elke truuk in die boek probeer om hom te ontmoedig om die muur van Jerusalem te herbou. Hulle was meedoënloos. Let op hoe hy hul teenstand hanteer het: ‘Toe stuur Sanballat en Gesem vir my ‘n boodskap met die versoek dat ek hulle… moes ontmoet. Ek het besef dat hulle beplan het om my kwaad aan te doen. Ek het toe vir hulle ‘n boodskap teruggestuur: ‘Ek is met ‘n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie.’ Hulle het die boodskap vier keer vir my gestuur en elke keer het ek vir hulle dieselfde boodskap teruggestuur’ (Nehemia 6:2-4 NLV). Nehemia het standvastig gebly in dit wat hy geweet het God hom geroep het om te doen, en jy moet ook. Jy moet bereid wees om die afkeer, die afguns, die afleidings, die ontmoedigende woorde en alle ander teenstand te verduur en op God se Woord te staan: ‘…As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees?’ (Romeine 8:31 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - wees versigtig na wie jy luister.