Woord vir Vandag - 17 Okt 2026

Loading player...
“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.” Psalm 118:24 NLV
Lewe een dag op ‘n slag (2)
In The Screwtape Letters het C.S. Lewis geskryf dat God wil hê dat die mensdom hoofsaaklik aan twee dinge aandag moet gee: ‘Aan die ewigheid self en aan daardie tydstip wat hulle die Teenswoordige noem. Want die Teenswoordige is die punt waarop tyd die ewigheid aanraak.’ In die lig van hierdie waarheid het Screwtape, die veteraan-demoon, ‘n beginner, genaamd Wormwood, as volg aangeraai: ‘Ons taak is om hulle weg van die ewige en van die Teenswoordige te stuur. Met dit in gedagte, versoek ons dus soms ‘n mens om in die Verlede te leef.’ Screwtape het Wormwood toe van ‘n ander demoniese taktiek vertel - om mense so ver te kry om in die toekoms te lewe. ‘Ons wil ‘n hele generasie hê wat voortdurend die einde van die reënboog nastreef, nooit eerlik, of vriendelik, of gelukkig oor waar hulle hulle tans bevind nie, maar besig om elke geskenk wat in die Teenswoordige aan hulle gebied word, op die altaar van die toekoms op te offer.’ Of ons nou lewenslange verslawings oorkom of lewensdoelwitte nastreef, die een sleutel om dinge te bereik, is om dit in hanteerbare en meetbare stappe op te breek. ‘n Doelwit is ‘n droom met ‘n sperdatum. Suksesvolle programme wat alkoholiste en verslaafdes help om nugter te word en innerlike krag te vind, gebruik die slagspreuk: ‘Een dag op 'n slag!’ As jy ‘n gewoonte wil breek, breek dit in meetbare stappe op. Jy sal, net soos in boks, ‘n paar rondtes wen en ‘n paar rondtes verloor. Jy moet egter een dag en een rondte op ‘n slag veg. Voor jy jou oë uitvee, sal die dae wat jy wen baie meer as die dae wat jy verloor word.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min