Woord vir Vandag - 16 Okt 2026

Loading player...
“…Leef vandag voluit vir God!” Matteus 6:34 DB
Lewe een dag op ‘n slag (1)
Sir William Osler was die bekendste geneesheer van sy generasie. Hy het die Johns Hopkins Skool vir Geneeskunde bestuur en as professor in medisyne aan die Universiteit van Oxford gedien. Sy handboek, The Principles and Practice of Medicine, word as die vader van psigosomatiese medisyne beskou en was vir drie dekades lank die belangrikste naslaanboek vir mediese studente. Osler se mediese loopbaan het egter, pas nadat dit begin het, amper weens ‘n senuwee-ineenstorting geëindig. Hy het probeer om aan sy akademiese vereistes te voldoen, ‘n mediese praktyk op die been te bring en kop bo water te hou - alles op dieselfde tyd. Dit het hom amper doodgemaak. Toe kom hy op die woorde van Thomas Carlyle af: ‘Our main business is not to see what lies dimly at a distance, but to do what lies clearly at hand.’ Hierdie woorde het Osler se lewe verander. In ‘n toespraak by Yale Universiteit, het Osler vir die studente gesê dat hy sy sukses aan ‘n eenvoudige beginsel te danke het: om die lewe een dag op ‘n slag te leef. Dawid het gesê: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees’ (Psalm 118:24). Jesus het gesê: ‘…Hou op om te sê: ‘Wat gaan ons vandag eet en drink?’ of: ‘Wat gaan ons vandag aantrek?’…Julle het mos ’n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg... En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!’ (Matteus 6:31-34 DB).
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min