Woord vir Vandag - 15 Okt 2026

Loading player...
“Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart uit…” Romeine 12:9 NLV
Reëls vir bediening
Wanneer dit by die dien van ander kom, moet jy probeer om volgens hierdie drie reëls te leef: 1) Dien opreg. ‘Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart uit…’ God ken jou hart, wees dus eerlik met jouself oor jou ware beweegredes om ander te dien en vir hulle op te offer. As jy hulp in hierdie area nodig het, wend jou tot die Skrif: ‘Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as die ontleedmes van ‘n chirurg… Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop’ (Hebreërs 4:12 NLV). 2) Dien stilweg. ‘Wanneer jy iemand in nood help, moenie ‘n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen om deur die mense opgehemel te word…’ (Matteus 6:2 NLV). Wanneer mense jou vriendelikheid as vanselfsprekend aanvaar of nie die dinge wat jy vir hulle doen waardeer nie, moenie jou eie beuel blaas nie. Draai na God vir jou beloning en nie na mense toe nie; anders sal jy teleurgestel word. 3) Dien selektief. Jy is nie geroep om na elke plek te gaan, in elke behoefte te voorsien en elke persoon te help nie. By twee verskillende geleenthede het God Paulus gekeer om na Asië te gaan om die evangelie te gaan verkondig. Kyk egter wat volgende gebeur het: ‘Daar het Paulus in die nag ‘n visioen ontvang. Hy het ‘n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: ‘Kom oor na Masedonië toe en help ons.’ …ons [het] onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig’ (Handelinge 16:9-10 NLV). Waarom is dit belangrik? Want wanneer God jou lei, voorsien Hy vir jou!
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min