Woord vir Vandag - 14 Okt 2026

Loading player...
“Die Here sê toe vir Josua: ‘Staan op. Hoekom lê jy daar op die grond? Israel het oortree…” Josua 7:10-11 NLV
Die gevolge van ongehoorsaamheid
Jerigo se mure het geval en Josua was oorweldig deur die oorwinning. Hulle volgende uitdaging was die stad Ai, met ‘n bevolking van slegs 20 000 mense. Josua het toe besluit dat 3 000 van sy soldate die stad kon inneem. Hy was egter verkeerd. ‘Die mense van Ai het die Israeliete van die poort van die stad af agternagesit en hulle gejaag tot by die klipskeure waar hulle omtrent 36 van hulle teen die skuinste doodgemaak het. Die volk se moed het in hulle skoene gesak’ (vers 5 NLV). Wat het hierdie nederlaag veroorsaak? Akan, een van Josua se soldate, het God se bevel verontagsaam en van die buit van Jerigo geneem en dit in sy tent weggesteek. Gevolglik het Israel ‘n vernederende nederlaag gely en Akan en sy familie is in die Laagte van Akor met klippe doodgegooi. Josua het ‘n ineenstorting gehad. Hy het sy klere geskeur en op die grond neergeval en gebid: ‘…As ons tog maar liewer aan die ander kant van die Jordaan gebly het!’ (vers 7 NLV). Let op wat God vir hom gesê het: ‘…Staan op. Hoekom lê jy daar op die grond? Israel het oortree…’ Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer: daar is ‘n tyd om te bid, en daar is ‘n tyd om op te staan en die kwessies waaroor God jou aanspreek, te hanteer! Soms bid ons in die hoop dat God ons ongehoorsaamheid sal oorsien of van plan sal verander. God se doel is egter om ons te verander! Waarom het Akan van die buit van Jerigo geneem? Omdat hy nie op God se vermoë en bereidwilligheid om vir hom te sorg, vertrou het nie. Spreek God jou ook daaroor aan?
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min