Woord vir Vandag - 13 Okt 2026

Loading player...
“…Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou reg is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop.” Jesaja 48:17 NLV
Die paaie na jou lewensdoel
Jy sal waarskynlik verskeie paaie op pad na jou lewensdoel volg. Toe Luciano Pavarotti ‘n seuntjie was, het sy ouma hom dikwels op haar skoot getel en gesê: ‘Jy gaan wonderlik wees – jy sal sien.’ Sy ouma het egter gedroom dat hy ‘n bankier gaan word! In plaas daarvan het hy ‘n onderwyser geword. Hy het ‘n rukkie by ‘n laerskool skoolgehou en soms by spesiale geleenthede gesing. Sy pa was die een wat hom uitgedaag het om sy stem te ontwikkel en vir hom gesê het dat hy ver aan sy potensiaal tekortskiet. Uiteindelik, op twee-en-twintigjarige ouderdom, het Pavarotti die onderwys verlaat om versekering te begin verkoop. Hy wou ‘n stabiele werk hê waarop hy finansieel kon staatmaak, indien hy nie sukses in die musiekwêreld kon behaal nie. Die versekeringsmaatskappy het hom tyd gegee om sanglesse te neem, en soos hulle sê: ‘Die res is geskiedenis.’ In ‘n onderhoud het die operaster gesê: ‘Om sang te studeer was die keerpunt in my lewe.’ Toe het hy bygevoeg: ‘Dis ‘n fout om die veilige pad in die lewe te kies.’ Dit verg moed om ‘n posisie wat jy as veilig beskou, te verlaat en in ‘n nuwe rigting te begin beweeg, maar sonder risiko kan jy nooit jou potensiaal verwesenlik of alles waarvoor God jou geskape het, bereik nie. Die grootste risiko van alles is om geen risiko te neem nie, want die persoon wat niks waag nie, bereik niks, het niks, voel niks en word uiteindelik niks. God mag jou langs verskeie paaie op pad na jou lewensdoel lei, maar as jy jou aan sy wil onderwerp en sy leiding volg, sal jy vir seker slaag.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min