Woord vir Vandag - 12 Okt 2026
Loading player...
“Wie reg doen, sal vrede hê…” Jesaja 32:17 AFR83
Maak vrede met jou verlede
Ons is die somtotaal van alles wat ons al ervaar het - beide goed en sleg. Ons kan wens dat ons vorige negatiewe gedrag nooit plaasgevind het nie, of ons kan besluit om die werklikheid daarvan te aanvaar. Hoe ons kies om op die verlede te reageer, sal ons lot bepaal. Ons het almal gesondig en ons het óf daarop gereageer deur God se vergifnis te vra en vorentoe te beweeg, óf ons sit steeds in skuldgevoelens vasgevang. Ons kan selfs angs oor moontlike gevolge ontwikkel. Baie mense word deur jaloesie as gevolg van hul eie ontrouheid of vorige oortredings geteister. Hulle leef in vrees dat hulle eendag sal maai wat hulle gesaai het. Sommiges sal selfs hul lewensmaats verbaal en fisies mishandel om dit wat hulle voel onvermydelik is, af te weer. Wanneer ons berou toon, moet ons God se Woord glo: ‘…Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie’ (Hebreërs 10:17 NLV). God onthou nie belyde sonde nie, daarom moet ons ophou om dit op te haal. God wil dit nooit weer hoor nie: ‘Inderdaad, waar sondevergifnis ‘n werklikheid is, is geen verdere offer vir die sonde nodig nie’ (Hebreërs 10:18 NLV). Een keer is genoeg. Dit is nie nodig om voortdurend berou daaroor te hê nie. Wanner jy dit doen, is jy besig om ‘n ‘verdere offer’ te bring. Te veel mense offer die res van hul lewens op die altaar van berou oor vorige oortredings. Ja, jy moet alles in jou vermoë doen om jou lewe in lyn met die vereistes van God se Woord te bring. Wanneer jy dit egter gedoen het, moet jy op hierdie Skrifgedeelte staan: ‘Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet.’