Woord vir Vandag - 11 Okt 2026

Loading player...
“Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het…” 2 Korintiërs 9:7 NLV
Maak God by jou finansies betrokke
God kan op die kantlyn sit en kyk hoe jy finansieel sukkel, of as jou finansiële vennoot aktief betrokke raak. Dit hang alles af van watter soort rentmeester jy is. Jou finansies is nog ‘n area van die lewe waar jy ‘n interaktiewe verhouding met jou hemelse Vader kan begin bou. As jy egter wil hê dat God by jou finansies betrokke moet wees, moet jy jou finansies vir God se belange aanwend. ‘Nee, maak eers die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as ‘n bonus byvoeg’ (Matteus 6:33 NLV). Dit beteken dat jy moet gee. Jy kan begin met dit wat Hy jou reeds gegee het. Dit kan ‘n persentasie van jou volgende maand se salaris of ‘n deel van jou netto waarde wees. Jy moet volg waarheen die stem van vrygewigheid jou ook al lei. Dit gaan egter nie daaroor om te gee net sodat jy kan kry nie. Dit gaan daaroor om die vrese wat die gees van vrygewigheid binne-in jou belemmer, te neutraliseer. Dit gaan daaroor om die opwinding te ontdek om aan God se plan deel te neem en die sekuriteit te ervaar wat uit die wete dat jou voorsiener die Een is wat alles besit, voortspruit. ‘God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (2 Korintiërs 9:10-11 NLV). Sodra jy die volmaakte voorsiening van ‘n liefdevolle hemelse Vader begin ervaar, sal jou vrese begin verdwyn.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min