Woord vir Vandag - 10 Okt 2026

Loading player...
“Maar as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde…” Jakobus 2:9 NLV
Waak teen vooroordeel
Jakobus het vir die kerk geskryf: ‘Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan ‘n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: ‘U moet asseblief hier gemaklik kom sit,’ maar vir die arm man sê julle: ‘Jy kan maar daar anderkant gaan sit,’ of: ‘Kom sit hier op die vloer,’ sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde bewegings beoordeel nie?.. as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde…’ (verse 2-4; 9 NLV). Die vroeë kerk het vinnig gegroei omdat daar geen plek vir vooroordeel was nie. Alhoewel die Jode en Samaritane mekaar verag het, het Jesus ‘n plek vir Nikodemus, ‘n Joodse leier, en vir die nie-Joodse vrou by die put wat vyf keer getroud was, gemaak. Die vroeë kerk het plek vir Onesimus, die voormalige slaaf, aan dieselfde tafel as Filemon, sy welgestelde voormalige meester, gemaak. Die evangelie gee almal, oral, ‘n plek van waardigheid aan Christus se tafel. Diskriminasie behoort geen plek in jou lewe te hê nie. Die profeet Habakuk het in sy uitkyktoring geklim om te ‘…wag om te sien wat die Here vir my gaan sê…’ (Habakuk 2:1 NLV). Te veel van ons Christelike ervaring gaan daaroor om iets vir God te sê en te min tyd word bestee om te luister na wat God vir ons sê. Hy het beslis iets vir ons oor diskriminasie te sê. Vra Hom dus om jou te help om mense deur sy liefdevolle oë te beskou. Jy mag dalk net ‘n paar mense anders as in die verlede sien.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min