Woord vir Vandag - 9 Okt 2026

Loading player...
“…Hy het die vloek in ‘n seën verander omdat die Here jou God jou liefhet.” Deuteronomium 23:5 NLV
God kan die vloek in ‘n seën verander
Paulus het vir die Korintiërs gesê: ‘Om hierdie rede gee ons nie moed op nie… Ons swaarkry… bewerk vir ons ‘n heerlikheid…’ (2 Korintiërs 4:16-17 NLV). Jim Stovall het bewys dat dit waar is. Op sewentienjarige ouderdom het sy dokter vir hom gesê dat hy besig is om sy sig te verloor en dat daar niks gedoen kan word om dit om te keer nie. Eerder as om in sak en as te gaan sit, het hy ‘n universiteitsgraad bekom en ook privaat by ‘n baie suksesvolle entrepreneur gestudeer. Sy doelwit was om vir homself ‘n besigheid te bou, selfs al was hy blind, sodat hy sy eie loopbaan en lewe kon bestuur. Alhoewel hy homself vir blindheid voorberei het, het hy verpletter gevoel toe die dag aanbreek dat hy nie meer kon sien nie. In sy boek, ‘You Don't Have to Be Blind to See’, het hy geskryf: ‘Al wat ek wou doen, was om in my sitkamer te sit en na musiek te luister.’ Jim het egter diep in sy geloof gedelf en gesê: ‘God het my innerlike oë vir ‘n nuwe idee oopgemaak.’ Hy het ‘n hoogs ongewone veld vir ‘n blinde persoon betree - televisie! Hy het die Narrative Television Network (NTN) gestig om gesiggestremde mense te help. NTN voeg ‘beskrywende vertellings’ by klankbane, sodat luisteraars ‘n program of film kan visualiseer en dit meer kan geniet. NTN saai na meer as 20 miljoen huishouding uit en verbasend genoeg kan sowat 60 persent van hulle gehoor sien. Vir sy werk het Jim televisie se hoogste eerbewys, die Emmy-toekenning, na slegs een seisoen op die lug ontvang! Die woord vir vandag is dus: God kan jou probleem vir jou bewerk en ‘n ‘…vloek in ‘n seën verander…’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min