Woord vir Vandag - 8 Okt 2026

Loading player...
“…Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.” 2 Korintiërs 4:16 NLV
Oorwinning is ‘n ‘inside job’
In 1928 is ‘n gelukkige, ambisieuse jong verpleegstudent met tuberkulose gediagnoseer. Destyds het so ‘n diagnose dikwels ‘n doodsvonnis beteken. Haar familie het haar vir ‘n paar maande na ‘n sanitorium gestuur in die hoop dat sy genees sou word. Sy was egter bestem om vir die volgende een-en-twintig jaar in die bed te bly! Baie mense sou moed opgegee het, maar nie Isabel Smith nie. Sy was ‘n paar keer op die drumpel van die dood, maar haar geloof het sterk gebly en sy het nooit opgehou om positief en met ywer te leef nie. Sy het gulsig gelees, briewe geskryf, aardrykskunde bestudeer en ander pasiënte leer lees en skryf. Terwyl sy siek was, het sy ‘n vriendelike, sagte man ontmoet wat ook ‘n pasiënt by die sanatorium was. Sy het daarvan gedroom om met hom te trou en in ‘n klein huisie aan die voet van die berge te bly. Op haar laagste het haar droom haar aan die gang gehou. Sy is in 1948 getroud. Sy het toe ‘n boek met die titel ‘Wish I Might’ geskryf, wat in 1955 gepubliseer is. Die boek het gehandel oor ‘al die goeie dinge wat die lewe my gebring het’, en sy het genoeg geld daaruit verdien om die bergtoevlugsoord waarvan sy gedroom het, te koop. ‘n Tragiese lewe? Glad nie! Isabel Smith het alles bereik wat sy wou, alhoewel die kanse teen haar oorweldigend was. Selfs toe sy plat op haar rug in die bed gelê het, het sy nooit ophou groei, leer, droom en gee nie. ‘…Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.’ Oorwinning is ‘n ‘inside job.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min