Woord vir Vandag - 7 Okt 2026

Loading player...
“Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer.” Spreuke 13:4 NLV
Die beloning vir visie en harde werk
In die herfs van 1894 het Guglielmo hom in sy kamer op die derde verdieping afgesonder. Die hele somer terwyl hy met vakansie was, het hy boeke gelees en notaboeke met kronkelende diagramme vol geskryf. Nou het die tyd vir hom aangebreek om te werk. Elke dag het hy vroeg opgestaan. Hy het heeldag en tot laat in die nag gewerk, soveel so dat sy moeder bekommerd oor hom begin raak het. Hy was nog nooit ‘n sterk persoon nie, maar nou het hy verskriklik maer geword en sy oë was dikwels glaserig van moegheid. Uiteindelik het die dag aangebreek om sy werk ten toon te stel. Hy het die gesin na sy kamer genooi en deur ‘n knoppie te druk, het hy daarin geslaag om ‘n klokkie op die eerste verdieping te laat lui! Sy ma was beïndruk, maar nie sy pa nie. Hy het geen nut daarin gesien om ‘n sein oor so kort afstand te kan stuur nie. Dus het Guglielmo aanhou werk. Bietjie vir bietjie het hy veranderinge aangebring totdat hy ‘n sein van een heuwel na die volgende en dan selfs verder as die heuwel kon stuur. Uiteindelik is sy uitvinding vervolmaak - deels danksy visie en inspirasie, maar meestal danksy deursettingsvermoë. Guglielmo Marconi is uiteindelik as die uitvinder van draadlose telegrafie, die voorloper van die radio, beskou. Hy het nie net ‘n Nobelprys vir fisika ontvang nie, maar ook ‘n setel in die Italiaanse senaat verwerf. As jy wil hê wat suksesvolle mense het, moet jy bereid wees om te doen wat suksesvolle mense doen. 99 persent van hul sukses is egter aan visie en harde werk te danke. ‘Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min