Woord vir Vandag - 6 Okt 2026

Loading player...
“Met ‘n woord het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.” Psalm 107:20 NLV
God kan jou genees (5)
Hier is ‘n gebed vir genesing en volgehoue goeie gesondheid: ‘Vader, die krag van u Woord is die bron van my genesing en volgehoue goeie gesondheid. Dit verklaar dat U my van alle vernietiging verlos het. Ek het dalk in die verlede besluite geneem wat swak gesondheid in my lewe veroorsaak het, maar U het my in Christus vergewe, en U verlos my voortdurend van alle siekte, pyn, swakheid en kwale. U Woord sê: ‘As die Here jou toevlug is, as die Allerhoogste jou skuilplek is, sal geen kwaad jou tref, en geen ramp naby jou tent kom nie’ (Psalm 91:9-10 NLV). U is my toevlug en my skuilplek. Daar is geen siekte in u teenwoordigheid nie en aangesien ek in U bly, kan siekte nie in my lewe bly nie. Ek word beskerm omdat ek in Christus is. U Woord sê: ‘…laat die swakkes sê: Ek is sterk’ (Joël 3:10 KAB23). Daarom noem ek myself sterk, selfs wanneer ek swak voel. Here, u Woord sê U sal my lewe met goeie dinge vul, sodat my jeug vernuwe word (sien Psalm 103:5). U is my bron van volkome tevredenheid en ek glo dat my jeug en krag hernu word. Gevolglik verouder ek goedgunstelik in Christus. Here, u Woord sê dat ek U kan aanroep en dat U my sal antwoord. U sal by my wees in nood; U sal my verlos en my eer herstel. U sal vir my ‘n lang lewe gee en my u verlossing wys (sien Psalm 91:15-16). Daarom staan ek op u Woord en verklaar deur geloof: ‘Ek sal nie sterf nie, maar lewe, en van die Here se werke vertel’ (Psalm 118:17 NLV).’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min