Woord vir Vandag - 4 Okt 2026

Loading player...
“…as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
God kan jou genees (3)
Genesing kan op verskillende maniere plaasvind. Soms verrig God ‘n wonderwerk en genees iemand onmiddellik. Ander kere genees Hy iemand progressief. Wanneer ons na die Skrif kyk en die vele wonderwerke wat Jesus verrig het, is dit maklik om te dink dat Hy mense altyd op dieselfde manier genees het. By nadere ondersoek sien ons egter dat Hy in baie gevalle nie twee keer dieselfde opgetree het nie. 1) In Matteus 9:29 het Jesus twee blinde mans genees deur bloot aan hulle oë te raak. 2) In Markus 10:52 het Hy die blinde Bartimeus genees deur met hom te praat, eerder as om hom aan te raak. 3) In Markus 8:22-25 het Hy speeksel aan ‘n blinde man se oë gesmeer en hom twee keer die hande opgelê voordat hy heeltemal genees was. Jesus was nie aan een metode om mense te genees gebonde nie - maar Hy was altyd bereid om hulle te genees. Ongeag die metode, het die ontvangers konsekwent geloof in sy vermoë om te genees en bereidwilligheid om sy krag namens hulle vry te stel, getoon. Dieselfde is vandag ook waar! As jy vir genesing gebid het en niks gebeur onmiddellik nie, beteken dit nie dat jou geloof wankel nie. Dit beteken ook nie dat God kwaad is vir jou of dat Hy wil hê jy moet ly nie. Dit beteken net dat dit tyd is om God te dank dat jy in sy belofte kan glo en dat jy dag vir dag progressief beter word: ‘…Deur sý verwonding is julle genees!’ (1 Petrus 2:24 NLV). Dit beteken om te glo dat dit wat reeds in die geestelike ryk bereik is, uiteindelik in die fisiese ryk sal manifesteer. Vanuit God se perspektief is jou genesing reeds gekoop en betaal.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min