Woord vir Vandag - 3 Okt 2026

Loading player...
“Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes.” Psalm 103:3 NLV
God kan jou genees (2)
Die Psalmdigter het geskryf: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy verlos jou van die dood, bekroon jou met liefde en medelye’ (verse 2-4 NLV). Dawid het homself aan hierdie vier dinge herinner. Jy moet dit ook doen. God het al sy sondes vergewe. God het al sy siektes genees. God het sy lewe verlos van die dood en vernietiging. God het hom met liefde, vriendelikheid, barmhartigheid en guns gekroon. Die Bybel sê: ‘’n Groot skare het met hulle verlamdes, blindes, kreupeles, stommes en nog baie ander siekes na Jesus toe gekom en hulle voor Hom neergesit. En Hy het hulle gesond gemaak’ (Matteus 15:30 NLV). Was dit wedergebore Christene wat Jesus genees het? Nee, dit was voor die kruis plaasgevind het. Dink daaraan: as Jesus bereid was om hulle almal te genees, dan kan Hy jou, wat ‘n verloste kind van God is en wat jou vertroue in Christus vir verlossing geplaas het, ook genees. Is jy ‘n gelowige? Ja? Lees dan hierdie Skrifgedeelte en staan daarop: ‘Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo:.. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word’ (Markus 16:17-18 NLV). Jakobus het geskryf: ‘Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan…’ (Jakobus 5:14-15 NLV). As jy siek is, staan op God se Woord en glo dat Hy jou sal genees.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min