Woord vir Vandag - 2 Okt 2026

Loading player...
“…Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!...” Matteus 8:3 NLV
God kan jou genees (1)
Die Bybel sê: ‘Daar kom toe onverwags ‘n melaatse nader en val voor Jesus neer met die woorde: ‘Here as U wil, kan U my gesond maak.’ Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: ‘Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!’ En dadelik het sy melaatsheid verdwyn’ (verse 2-3 NLV). God wil nie hê dat ons deur die lewe moet gaan en wonder of dit sy wil is om ons te genees nie. Daarom het Hy genadiglik sy Woord aan ons gegee. Dawid het gesê: ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk…’ (Psalm 30:3-4 NLV). God is so ernstig oor ons genesing dat Hy dit met Jesus se dood aan die kruis verbind het. ‘Hy het self ons sondes in sy liggaam weggedra kruis toe. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý verwonding is julle genees!’ (1 Petrus 2:24 NLV). Ons twyfel nie aan Christus se triomf oor die dood aan die kruis of ons verlossing daardeur nie. Ons moet ook nie die Vader se wil om ons te genees, betwyfel nie. Vanuit God se perspektief is alles wat vir jou genesing nodig is, reeds aan die kruis volbring. Hierdie melaatse man het geweet dat Jesus hom kon genees; hy het net nie geweet of Hy sou nie. Jesus het sy twyfel met twee kragtige sinne uit die weg geruim: ‘…Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!’ (Matteus 8:3 NLV). Die Bybel sê: ‘Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!’ (Hebreërs 13:8 NLV). Dit beteken dat jy met vertroue na Hom toe kan gaan en Hom glo vir jou genesing.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min