Woord vir Vandag - 1 Okt 2026

Loading player...
“Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry…” Jesaja 40:31 NLV
Neem tyd vir rus en herstel
Wanneer jy moeg voel, sê dit vir jou: 1) dat jou liggaam rus nodig het, 2) dat jy die lewe teen ‘n stadiger tempo moet benader, en 3) dat jy tyd moet neem om in die teenwoordigheid van God te vertoef. God het op die sewende dag gerus (sien Genesis 2:2). God - die Een wat alle dinge oortref, alle dinge weet en alle mag het - het gerus! Wat laat jou dink dat jy nie rus nodig het nie? As jy daaraan gewoond is om altyd aan die gang te wees, sal dit moeilik wees om selfs vir ‘n paar uur nie te werk nie. Rus is egter ‘n geheime wapen wat God jou gegee het om jou te help om die vyand te verslaan. Wanneer jy uitgeput is, is jy van min nut vir God of enigiemand anders. Dit is een van die hoofredes waarom Satan jou hiernatoe en daarnatoe laat hardloop. As hy jou nie met verslawing, verkeerde verhoudings en slegte gewoontes kan versoek nie, sal hy jou met ‘n besige skedule versoek. Hy wil hê jy moet jouself uitput sodat wanneer die ware stryd aanbreek, jy te moeg sal wees om weerstand te bied. Johannes het geskryf: ‘…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan’ (3 Johannes 2 NLV). Jou siel floreer nie wanneer jy uitgeput en in alle rigtings getrek word, met min tyd vir rus of herstel, nie. Wat staan jou dus te doen? Lê jou skedule, insluitend enige nuwe projekte, voor Jesus se voete neer. Wag vir sy leiding. Staan op die volgende Skrifgedeelte: ‘Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry…’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min