SA regering wil steeds met VSA praat: Roelf Meyer

Loading player...
Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê die regering wil dialoog met Washington voortsit, selfs in 'n moeilike diplomatieke tyd. Amerika het nuwe beperkings ingestel op persone wat volgens hom verantwoordelik is vir of medepligtig is aan beleid wat rasgegronde diskriminasie bevorder, dreigende geweld teen rasse- of etniese minderhede aanhits, of onteiening sonder vergoeding bemiddel in Suid-Afrika. Meyer het aan die SABC gesê die versterking van diplomatieke bande is belangrik:
17 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC se Mbalula kyk kishoue by stembus mis

Ondanks die ANC se swak vertoning by die stembus op baie plekke in Suid-Afrika, bly die party volgens sekretaris-generaal Fikile Mbalula die grootste in die land, met volstrekte oorwinnings in verskeie munisipaliteite tydens die plaaslikeregeringsverkiesings. In 'n toespraak aan die media by die Verkiesingskommissie se Resultatesentrum in Midrand, Johannesburg, het…
8 Nov 12AM 1 min

Koalisiepolitiek bly SA se voorland

Suid-Afrika se ANC het ’n reuseknou in die munisipale verkiesings gekry, met sy steun wat tot 31% getuimel het. Die Demokratiese Alliansie staan op 24,6% nadat 99,8% van stemdistrikte getel is. Die ANC se steun het sedert 2021 met byna 15 persent getuimel. In 135 uit die 213 munisipale rade…
7 Nov 11PM 1 min

SA aktivis steun Namibiese protes oor ganja

Buiten vir Namibiese stemme wat opnuut opgaan vir die dekriminalisering van dagga, is daar ook ondersteuning uit Suid-Afrika vir hierdie wetswysiging. Die nuwe, plaaslike konsepwet was egter nog nie vir die publiek beskikbaar nie. Jeremy Acton, ‘n Suid-Afrikaanse aktivis, het sy mening oor die verwikkelinge in Namibië met Kosmos 94.1…
7 Nov 5AM 1 min

Sny af - of betaal self

Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa, dreig om munisipale skuld van raadslede se toelaes af te trek indien hulle nie sy opdrag uitvoer om dienste aan wanbetalers af te sny nie. Hy het tydens die burgemeestersforum in Rundu gevra waarom munisipaliteite finansiële probleme aanvoer terwyl miljoene se uitstaande skuld steeds…
7 Nov 4AM 1 min

Wolwedans-projek kry wêreldlof

'n Plaaslike projek geniet wêreldwye erkenning omdat dit landelike gemeenskappe in die hart van toerisme plaas. RuralRevive, 'n inisiatief van die Wolwedans-stigting, is tydens die 2026 Wêreldwye Toekennings vir Verantwoordelike Toerisme in Londen aangewys as die goue wenner in die kategorie vir regeneratiewe toerisme. Annely Ickua van RuralRevive sê aan…
7 Nov 3AM 1 min