Romeine vir jou reis

Loading player...
Paulus se brief aan die Romeine word gereken as die Bybelboek waaruit die meeste aangehaal word. Dit is, volgens kenners, die boek waarin die evangelie die deeglikste uiteengesit word. Madeleine kyk na hoe jy hierdie brief op jou Christen reis kan toepas.
Sy bespreek o.a. die vyf stappe van die bekende evangelisasie tegniek, Die Romeinse weg tot vryspraak, kyk na gunsteling gedeeltes uit Romeine 8, en ook hoe Christene se lewens volgens hoofstuk 12 behoort te lyk.
7 Sep Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min

Jy is nie meer ’n slagoffer nie

Agtien jaar gelede het die foto van ’n 17 jarige meisie wat vermis word, mense se harte aangeraak. Vandag is Natalie le Roux 'n entrepreneur, skrywer, spreker en uitgesproke gelowige wat nie bang is om die rou waarheid van haar lewe te vertel nie. Sy deel haar kragtige getuienis met…
18 Sep 28 min

Hy stap saam deur elke seisoen

Pastoor Clete Stevis en sy vrou Luzette, het in 2008 die bediening, Grace Outreach Ministries Africa (GOMA) gestig. Madeleine gesels met Luzette oor die bediening, en veral oor die lewensveranderde kampe wat hulle vir die laaste veertien jaar al aanbied. Luzette kan werklikwaar getuig van God se getrouheid tydens elke…
11 Sep 30 min

Skrywersonderhoud met Bets Smith

Met Die Christen Reis wil ons mekaar versterk in geloof en bemoedig op ons lewenspad as Christene. Daarom gesels Madeleine ook soms met skrywers van Christelike boeke, sodat jy as luisteraar kan weet wat daar beskikbaar is om te lees. Vandag gesels sy met Bets Smith oor haar eerste Christelike…
28 Aug 28 min