Skyn helder!

Loading player...
Luisteraars wat in Maart na Madeleine se onderhoud met Mev. SA semi-finalis, Andrea Raaths-Duarté se onderhoud oor haar grondpad-na-kroon-ervaring geluister het, sal bly wees om te hoor dat sy deurgedring het na die finalisrondte in vanjaar se kompetisie.
Madeleine gesels weer met haar om te hoor hoe sy die platform verder gaan gebruik in haar bekampingsveldtog teen geslagsgeweld.
Andrea deel ook ’n woord van bemoediging aan damesluisteraars, en Madeleine gesels oor wat dit beteken om sout en lig te wees.
21 Aug Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Hy stap saam deur elke seisoen

Pastoor Clete Stevis en sy vrou Luzette, het in 2008 die bediening, Grace Outreach Ministries Africa (GOMA) gestig. Madeleine gesels met Luzette oor die bediening, en veral oor die lewensveranderde kampe wat hulle vir die laaste veertien jaar al aanbied. Luzette kan werklikwaar getuig van God se getrouheid tydens elke…
11 Sep 30 min

Romeine vir jou reis

Paulus se brief aan die Romeine word gereken as die Bybelboek waaruit die meeste aangehaal word. Dit is, volgens kenners, die boek waarin die evangelie die deeglikste uiteengesit word. Madeleine kyk na hoe jy hierdie brief op jou Christen reis kan toepas. Sy bespreek o.a. die vyf stappe van die…
7 Sep 29 min

Skrywersonderhoud met Bets Smith

Met Die Christen Reis wil ons mekaar versterk in geloof en bemoedig op ons lewenspad as Christene. Daarom gesels Madeleine ook soms met skrywers van Christelike boeke, sodat jy as luisteraar kan weet wat daar beskikbaar is om te lees. Vandag gesels sy met Bets Smith oor haar eerste Christelike…
28 Aug 28 min

Sy wonderlike skepping

Madeleine gesels met Mias van Jaarsveld, die besturende redakteur van CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice. Hierdie publikasie was vanjaar die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutu Prys. Sy gesels ook met Fay van Eeden, ’n dominee by NG Kerk Stellastraat in Pretoria, oor haar artikel wat…
14 Aug 1 hr 04 min

Vrou van God

Augustus is vrouemaand, en Madeleine gesels met vier dames wat voltyds by bediening betrokke is. Wat is die eienskappe van ’n vrou van God, en watter unieke rol speel ons as Christenvroue in God se koninkryk? Jozine Botha, dr. Ronell Bezuidenhout, Laetitia Butler en Sonja Goldberg deel hulle getuienisse, wysheid…
7 Aug 1 hr 31 min