Woord vir Vandag - 26 Sep 2026

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd… Hy het alles mooi gemaak…” Prediker 3:1, 11 NLV
Maak gereed vir verandering (2)
In sy boek, Good to Great, vergelyk die sakeleier en skrywer Jim Collins die mega-kruidenierswinkel A&P, die grootste kleinhandelorganisasie ter wêreld in die 1950’s, met Kroger, ‘n klein, waardegebaseerde supermarkketting wat ook in die vyftigerjare floreer het. Beide maatskappye het besef dat die wêreld besig was om tegnologies te verander. Beide maatskappye het slim navorsing gedoen en gekwalifiseerde ontleders aangestel om te voorspel hoe hierdie veranderinge toekomstige besigheid sou beïnvloed. Hulle het elk tot die gevolgtrekking gekom dat gerief vir die kliënt van die allergrootste belang sou wees. Eenstop-inkopies sou al hoe belangriker word. Kroger het dus stappe gedoen om sy winkels by die nuwe ‘superwinkel’-strategie wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, aan te pas. Benewens kos, het hulle begin om toiletware, voorskrifmedisyne, huishoudelike items en meer te verkoop. A&P het egter gekies om die bevindinge te ignoreer. Die resultaat? In 1999 het Kroger tagtig keer dié van sy eenmalige mededinger A&P se winste gegenereer en die nommer een plek in die mark oorgeneem. Daar is ‘n les hieruit te leer. Om dit wat jy in die lewe wil hê te bereik, kan jy nie bekostig om die tekens van verandering of die komende uitdagings te ignoreer nie. Om voor te gee dat iets nie gebeur nie, is bloot om in ontkenning te leef. Is jy dus gereed en gewillig om by verandering aan te pas wanneer dit opdaag? Is die tegnieke wat jy gebruik om verandering te hanteer proaktief en effektief? Soek jy God se leiding en seën? ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min