Woord vir Vandag - 25 Sep 2026

Loading player...
“En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.” Job 8:7 NLV
Maak gereed vir verandering (1)
Ons klou dikwels aan mense en dinge vas asof ons alles dieselfde kan hou. Dit kan egter nie gebeur nie. Wat jy wel kan doen, is om gereed te wees om verandering te hanteer wanneer dit plaasvind. Jy mag dalk nie kan voorspel wat die verandering sal wees nie, maar jy kan dinge in plek stel om jou te help om dit te hanteer wanneer dit aanbreek. Kinders gaan universiteit toe, dus oorweeg wyse ouers dit om ‘n spaarplan uit te neem wanneer hulle kinders gebore word. Mense hou uiteindelik op werk, dus maak dit sin om vir aftrede te spaar. ‘n Uitvoerende beampte wat eendag gaan bedank, beplan vir ‘n opvolger sodat die maatskappy kan aanhou floreer. Soms is verandering moeilik, maar beplanning help ons om verandering tegemoet te kom. Met God aan jou sy het jy al die gereedskap wat jy nodig het vir sukses, insluitend die buigsaamheid en aanpasbaarheid om jou koers soos nodig aan te pas. Dink aan hoe tegnologie, soos selfone en rekenaars, die manier waarop ons kommunikeer, inkopies doen en leef, verander het. Die GPS is ‘n wonderlike tegnologiese uitvinding, maar bestuurders was aanvanklik huiwerig om daarvan gebruik te maak. Dit het egter die ervaring om jou pad te vind terwyl jy bestuur, verander. Terwyl jy deur die veranderinge van die lewe navigeer: 1) Besef dat God in jou leef, deur jou werk en altyd jou beste belange op die hart dra (sien Filippense 2:13). 2) Reik uit na die nuutste gereedskap en tegnieke, of dit nou tegnologies is of ‘n nuwe benadering tot gesinslewe, dieet, oefening of spiritualiteit behels. Met ander woorde, maak gereed vir verandering.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min