Woord vir Vandag - 24 Sep 2026

Loading player...
“…Ek is saam met Christus gekruisig.” Galasiërs 2:19 NLV
Lewe die gekruisigde lewe
Paulus het geskryf: ‘…Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde beleef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf’ (verse 19-20 NLV) Dis moeilik om aanstoot te neem wanneer jy dood is. Dis ook moeilik om kwaad te word, ontsteld te raak of depressief te raak wanneer jy dood is. Die dag waarop jy jou geloof in Christus plaas, is die dag waarop jou ou mens sterf. Jou begeertes, jou drome en jou planne is dood. Jy is ‘n nuwe skepping in Christus. Natuurlik moet jy daagliks in hierdie identiteit leef. Paulus het gesê: ‘Ek sterf dag vir dag…’ (1 Korintiërs 15:31 AFR53). Jesus het gesê: ‘…as enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg’ (Lukas 9:23 NLV). Die kern van beide verse is dat dit daagliks moet gebeur. Daar is groot vryheid in hierdie daaglikse dood. Jou prestasie is nie meer ‘n bewys van jou waarde nie. Jou ego is nie meer op die spel nie. Jou reputasie is nie meer in gevaar nie. Jy leef vir die goedkeuring van Een - die Here! Daarom kon Paulus skryf: ‘Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld’ (Galasiërs 6:14 NLV). Om sy punt tuis te bring, het hy geskryf: ‘Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:3 NLV).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min