Woord vir Vandag - 23 Sep 2026

Loading player...
“…Vat al jou manskappe en gaan veg teen Ai…” Josua 8:1 NLV
Die God van tweede kanse
Na ’n vernederende nederlaag, het God vir Josua ‘n tweede kans op oorwinning gegee: ‘…Vat al jou manskappe en gaan veg teen Ai. Ek gee die koning van Ai, sy volk en sy stad en sy land in jou mag.’ Die koning van Ai was op pad om ‘n tweede oorwinning teen Josua te gaan behaal. Hy het na Josua toe gemarsjeer en sy stad onbeskermd gelaat. Josua se elite groep soldate het ingestorm en dit aan die brand gesteek. Toe het Josua van koers verander en die leër van Ai in die middel vasgevang. Die oorwinning was voltrek. Vergelyk egter hierdie aanval met die eerste een. In die eerste aanval het Josua spioene geraadpleeg; in die tweede het hy na God geluister. In die eerste het hy tuis gebly. In die tweede het hy sy leër gelei. Toe Josua God se strategie gevolg het, het die oorwinning plaasgevind. Dit gebeur altyd so! Miskien het jy ook, soos Josua, ‘n vernederende nederlaag gely. Indien wel, is hier twee dinge wat jy moet weet: 1) Moenie moed opgee met God nie, want Hy sal nie moed opgee met jou nie. ‘Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!’ (Jesaja 55:7 NLV). 2) God sal jou nog ‘n kans gee. Jona het van God se roepstem weggehardloop, maar God was nie klaar met hom nie. ‘Die Here het ‘n tweede keer met Jona gepraat: ‘Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve…’ Jona het gereedgemaak en na Nineve toe gegaan...’ (Jona 3:1-3 NLV). Wat God vir Josua en Jona gedoen het, sal Hy vir jou ook doen as jy jou tot Hom bekeer.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min