Woord vir Vandag - 22 Sep 2026

Loading player...
“Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.” Genesis 2:15 NLV
Doen altyd jou werk goed
Toe God Adam gemaak het, het Hy hom eerstens aan die werk gesit. Dit is omdat werk ons ‘n gevoel van doel, betekenis en waardigheid gee. ‘Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.’ Adam was dus ‘n tuinier. Of jy nou kontant in ‘n bank tel, op Wall Street verhandel, burgers in ‘n strandstalletjie braai, spesialiteit-disse in ‘n vyfster-restaurant maak, hout in die bos kap of brandhout kloof en aflewer, ‘n span afrig, by ‘n gemeente as pastoor optree, topverkoperboeke publiseer, koerante in die vroeë oggendure aflewer, in ‘n televisieprogram speel, ‘n groot stuk grond bewerk, grasperke sny en afrond, rekenaars verkoop, ‘n vragmotor vol masjinerie bestuur, huise bou, swembaddens skoonmaak, sake voor ‘n regter argumenteer, of familiegeskille as ‘n berader besleg, doen altyd ‘n goeie werk. ‘n Wyse man het eenkeer gesê: ‘Elke werk is ‘n selfportret van die persoon wat dit doen. Onderteken jou werk met uitnemendheid.’ Daniël het dit gedoen en die boonste sport in Babilon bereik. ‘Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel’ (Daniël 6:4 AFR83). Daar is geen geringe werkies nie, net mense wat dit as gering beskou en in die uitvoering daarvan gering word. Die Bybel sê: ‘Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer’ (Spreuke 13:4 NLV). Doen dus altyd jou werk goed.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min