Woord vir Vandag - 21 Sep 2026

Loading player...
“…ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige…” 1 Samuel 17:45 NLV
Praat terug met jou reus
Goliat het bo Dawid uitgetroon. Dawid het egter na Goliat deur die oë van sy almagtige God wat hoog sit, laag sien en alles oorwin, gekyk. ‘…Jy kom na my toe met ‘n swaard en ‘n spies en ‘n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het.’ Intimidasie is een van Satan se gunstelingwapens. Hy sal jou gedagtes gee wat jou in ‘n toestand van vrees laat. Eendag het die spotprentkarakter Charlie Brown by die skool middagete geëet toe hy aan sy vriend Linus bieg dat hy nie goed genoeg voel om ‘n sekere jong dame te nader nie: ‘Ek kan nie met daardie klein rooikopmeisie praat nie, want sy is iets en ek is niks. As ek iets was en sy niks was nie, kon ek met haar praat, of as sy iets was en ek iets was, dan kon ek met haar praat. Of as sy niks was en ek niks was nie, dan kon ek ook met haar praat. Maar sy is iets en ek is niks, so ek kan nie met haar praat nie.’ Linus het geantwoord: ‘Vir niks, Charlie Brown, is jy werklik nogal iets besonders!’ Charlie Brown het toegelaat dat die rooikop se skoonheid hom intimideer en na die kantlyn toe dwing. As sy verloste kind, dink God dat jy werklik iets besonders is. Dawid het gesê: ‘Het die Here jou gered? Sê dit dan, jy wat Hy verlos het van die vyand’ (Psalm 107:2 NLV). Omdat Dawid se woorde met God se Woord en sy plan ooreengestem het, is Goliat in sy spore gestuit. Staan dus vandag voor jou ‘reus’ en kondig aan: ‘Ek sal jou verslaan in die Naam van die Here die Almagtige!’
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min