Woord vir Vandag - 20 Sep 2026

Loading player...
“En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê…” 2 Korintiërs 9:8 NLV
In vennootskap met God
Paulus het geskryf: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê… God wat saad voorsien aan die saaier… sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (verse 8, 10-11 NLV). Paulus kon dit nie duideliker stel nie. As ons getrou is om vrygewig te gee, sal God ons as bekwame vennote onthou en ons in die toekoms weer gebruik om aan ‘n behoefte te voldoen. Wanneer ‘n restaurant goeie diens lewer, lei dit tot herhaalde besigheid. Dieselfde geld vir goeie rentmeesters. As jy vrygewig saai, is God in staat om jou meer en meer te gee. Wanneer jy in ‘n gee-vennootskap met Hom is, maak Hy seker dat jy alles kry wat jy nodig het, presies wanneer jy dit nodig kry. Dis sy aanbod aan jou. Ware rykdom is om alles te hê wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig kry. Dit behoort al jou vrese om te gee, te verdryf. Hou vrees jou vrygewigheid terug? Gee jy net wanneer daar oorskiet is omdat jy bekommerd is oor hoe om kop bo water te hou? Het jy al ooit vir God gevra om jou ‘n plan te gee vir die rentmeesterskap van die geld wat Hy aan jou toevertrou het? Op ‘n stadium moet jy as Christen die sprong neem en sê: ‘God, omdat ek my so baie oor geld bekommer, nooi ek U in my finansies in. Ek wil weet dat U betrokke is, maak nie saak of dinge goed of sleg gaan nie.’
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min