Woord vir Vandag - 17 Sep 2026

Loading player...
“God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.” 2 Korintiërs 9:10 NLV
Wees ‘n saaier
Drie jong mans het elk drie mieliepitte van ‘n ou wysgeer ontvang. Hy het hulle beveel om die wêreld in te gaan en die mieliepitte te gebruik om vir hulself goeie geluk te bring. Die eerste jongman het sy drie mieliepitte in ‘n bak sop gesit en dit geëet. Die tweede jongman het gedink: ‘Ek kan beter doen as dit,’ en sy drie mieliepitte geplant. Binne ‘n paar maande het hy drie mielieplante gehad. Hy het die mieliekoppe van die plante afgehaal, dit gekook en genoeg mielies vir drie maaltye gehad. Die derde man het vir homself gesê: ‘Ek kan nog beter doen as dit!’ Hy het ook drie mieliepitte geplant. Toe sy drie mielieplante egter opkom, het hy een van die koppe gestroop en al die sade daarin herplant, die tweede mieliekop vir ‘n liewe meisie gegee en die derde het hy self geëet. Die herplante mieliepitte het hom 200 mielieplante gegee! Met die pitte daarvan het hy aanhou herplant en slegs ‘n absolute minimum opsy gesit om te eet. Hy het uiteindelik ’n honderd akkers mielies geplant. Met sy fortuin het hy nie net die hand van die lieflike meisie gewen nie, hy het ook die grond wat aan die lieflike meisie se vader behoort het, gekoop. Hy het nooit weer honger gehad nie. Daar is ‘n belangrike Skriftuurlike beginsel hieruit te leer. Aan wie voorsien God saad? Saaiers. Wanneer vermeerder God saad? Wanneer dit in goeie grond gesaai word om goeie dinge te bereik. Wees dus ‘n saaier.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min