Woord vir Vandag - 15 Sep 2026

Loading player...
“…Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.” Kolossense 1:10 NLV
Jy is geroep om goeie werke te doen
Baie mense ken die verhaal hoe Helen Keller die moeilike fisiese uitdaging oorkom het om sonder gehoor, spraak en sig gelaat te word nadat sy as baba koors opgedoen het, en hoe sy uiteindelik geleer het om deur braille te kommunikeer. Haar lewe het miljoene mense geïnspireer. Een van haar vurige bewonderaars was die skrywer Mark Twain. Wat baie mense egter nie weet nie, is hoe hard Helen as volwassene gewerk het. Nadat sy met lof haar graad by Radcliffe College voltooi het, het sy tot haar dood op die ouderdom van agt-en-tagtig gewerk om ander mense te help. Sy het talle artikels geskryf. Sy het lesings vir die Amerikaanse Stigting vir Blindes gegee en miljoene dollars daarvoor ingesamel. Om en by haar tagtigste verjaardag het sy die Lions Humanitêre Toekenning vir haar uitstaande diens aan blindes, ontvang. In die Bybel het Paulus vir die Christene in Kolossense gebid: ‘Dan sal julle leefstyl tot eer van die Here wees en Hy sal daarmee tevrede wees…’ (Kolossense 1:10 NLV). Hy het ook vir hulle twee maniere om dit te doen gegee: ‘Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.’ Geloof en goeie werke; geestelikheid en diens; om die Here te dien en in die behoeftes van ander te voorsien. Dit is hoe Helen Keller geleef het. Jy sê: ‘Maar ek wil eerder die Here as mense behaag.’ Hier is hoe jy dit doen: ‘Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie’ (Efesiërs 6:7 NV). Die gesangeskrywer Charles Meigs het geskryf: ‘Others, Lord, yes others, let this my motto be. Help me to live for others, that I may live like Thee.’
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min