Woord vir Vandag - 14 Sep 2026

Loading player...
“…Josua… het… gebid: ‘Son, staan stil…’ Die son het stilgestaan…” Josua 10:12-13 NLV
Bid met vrymoedigheid (4)
God het gesê: ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie’ (Jeremia 33:3 NLV). Jy moet God in die groot dinge sowel as die klein dingetjies aanroep. Josua se leër het teen die gekombineerde mag van vyf vyandige leërs geveg en was besig om te wen. Die son was egter besig om onder te gaan en hy het meer daglig nodig gehad. Hy het dus iets gedoen wat niemand in die opgetekende geskiedenis al ooit tevore gedoen het nie: ‘Op die dag dat die Here vir Israel oorwinning gegee het oor die Amoriete, het Josua die Here om hulp gevra. Voor almal het hy by die Here gebid: ‘Son, staan stil…’ Die son het stilgestaan. Die maan het net daar bly hang totdat Israel sy vyande uitgewis het… Die son het halfpad in die lug vasgesteek. Hy was nie haastig om op sy gewone tyd onder te gaan nie. So ‘n dag was daar nog nooit voorheen en nooit daarna nie. Die Here het geluister na wat ‘n mens vir Hom vra! Die Here het aan Israel se kant geveg’ (Josua 10:12-14 NLV). Soos Josua, wat teen vyf konings geveg het, veg jy dalk teen ontmoediging, siekte, wanhoop, nederlaag of dood. Reageer in gebed - eerlike, voortdurende en vermetele gebed. Jy is ‘n lid van God se familie. Jy kom nie na Hom as ‘n vreemdeling nie, maar as ‘n erfgenaam. Nader sy troon met vertroue (sien Hebreërs 4:16). Maak jou versoeke ernstig bekend (sien Filippense 4:6). Omdat Christus sy bloed vir jou gestort het, kan jy met vertroue jou hart voor God uitstort, wetende dat jy resultate sal kry.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min