Woord vir Vandag - 13 Sep 2026

Loading player...
“Alles wat julle in die gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” Matteus 21:22 NLV
Bid met vrymoedigheid (3)
Max Lucado het oor die krag van gebed in die lewe van sy vriend, Greg Pruett, geskryf: ‘Hy is as ‘n ingenieur, taalkundige en Bybelvertaler opgelei. Sy belangrikste bydrae is egter dalk op die gebied van ‘extreme prayer.’ In Greg se boek met dieselfde naam, vertel hy hoe hy van Guinee in Wes-Afrika teruggekeer het om die pos van die president van Pioneer Bible Translators te aanvaar. Dit was in 2008 – tydens die Groot Resessie. Die bediening se finansies was beroerd, op pad na insolvensie. Greg het geen ervaring om so ‘n organisasie te lei gehad nie en kon geen tasbare plek vind om uitgawes te besnoei nie. Hulpbronne was min en die skenkers het verdwyn. Greg het net een reaksie daarop gehad: gebed. ‘Dit is toe dat ek begin leer het om nie oor my strategieë te bid nie, maar om gebed die strategie te maak.’ In Julie het hy ‘n brief aan sy vriende wêreldwyd geskryf en hulle tot gebed opgeroep. Hy het hulle aangespoor om voor God se troon met spesifieke en dapper versoeke te staan. Greg het die resultaat as volg beskryf: ‘Toe ek die jaareindverslag lees, het ek geweet dat God ons gebede verhoor het. My oë het vol trane geskiet. As ‘n finansiële kenner hierdie verslag sou ontleed, sou hulle hul vinger op die maand Julie plaas en vra: ‘Wat het jy hier gedoen? Wat dit ook al was, jy moet dit baie meer doen.’ Ek het tevergeefs na ‘n tasbare verduideliking gesoek. Ek wou ontleed presies wat ons gedoen het, sodat ons dit weer kon doen. Ek kon egter nooit. Al wat ek geweet het, is dat God voorsien het. Al wat ek gehad het, was God - en gebed.’ Is dit al wat jy het? Dis al wat jy nodig het!
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min