Woord vir Vandag - 12 Sep 2026

Loading player...
“…ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan.” Hebreërs 10:19 NLV
Bid met vrymoedigheid (2)
Martin Luther het ‘n goeie vriend, genaamd Frederick Myconius, gehad wat dodelik siek geword het. Luther het aan hom geskryf: ‘Ek beveel jou in die naam van God om te lewe, want ek het jou steeds nodig in die werk om die kerk te hervorm. Die Here sal toelaat dat jy oorleef. Hiervoor bid ek, dit is my wil en mag my wil geskied, want ek lewe slegs om die Naam van God te verheerlik.’ Ons dink ons moet saggies met God te praat, ons moet onsself voor God verootmoedig, maar ons dink nie daaraan om vrymoedig te bid nie. Tog is dit wat die Bybel sê ons moet doen: ‘Liewe broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan… met ‘n opregte hart en absolute vertroue… Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het… Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (verse 19, 22, 23, 35-36 NLV). Gebed gaan nie daaroor om God te oorreed om iets te gee wat Hy huiwerig is om te gee nie. Hy is gewilliger om te gee as wat ons is om te ontvang. Hy soek inderwaarheid na geleenthede om ons te seën: ‘Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…’ (2 Kronieke 16:9 NLV). Bid dus met vrymoedigheid en wees vol vertroue dat God sal doen wat Hy belowe het.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min