Woord vir Vandag - 11 Sep 2026

Loading player...
“Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God…” Hebreërs 4:16 NLV
Bid met vrymoedigheid (1)
Toe Martin Luther se kollega siek geword het, het die hervormer vrymoedig vir genesing gebid. ‘Ek het die Almagtige met groot ywer gesmeek en al die beloftes wat ek uit die Skrif kon onthou, aangehaal. Ek het gesê dat Hy asseblief my gebed moet verhoor sodat ek voortaan geloof in sy beloftes moet hê.’ Terwyl John Wesley die Atlantiese Oseaan oorgesteek het, het sy skip ‘n groot storm binnegevaar. Hy het dadelik in sy kajuit gaan bid. Adam Clark, ‘n kollega, het die gebed gehoor en dit opgeteken: ‘Almagtige God, U heers oral en alle dinge dien die doel van u wil. Beveel hierdie winde en golwe dat hulle U moet gehoorsaam, en neem ons vinnig en veilig na die hawe waarheen ons wil gaan.’ Adam Clark het op die dek gaan staan, waar hy kalm winde en die skip op koers gevind het. Wesley het egter geen opmerking oor die verhoorde gebed gemaak nie. Clark het geskryf: ‘Hy het so volkome verwag om gehoor te word dat hy dit as vanselfsprekend aanvaar het dat sy gebed verhoor sou word.’ Vrymoedigheid in gebed is vir baie ‘n ongemaklike gedagte. Om aan die deur van die Allerhoogste te klop? Om met God te worstel? Is sulke gebed oneerbiedig? Vermetel? Dit sou wees as God ons nie genooi het om so te bid nie: ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.’ Bevind jy jouself tans in ‘n noodsituasie? ‘…gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God,’ in die geloof dat God jou gebed sal verhoor en namens jou sal optree.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min