Woord vir Vandag - 9 Sep 2026

Loading player...
“…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!” Josua 6:16 NLV
Hou aan marsjeer en glo
Jerigo was die grootste vesting in Kanaän en moes verower word voordat Israel die land kon intrek en besit. Daarom het God vir hulle gesê om ses dae lank een keer per dag om die mure te marsjeer, en op die sewende dag sewe keer. Op die sewende dag het Josua vir die volk gesê: ‘…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!’ Is daar ‘n vesting in jou lewe? Is jy mismoedig en voel dat jy al lank sonder enige teken van oorwinning veg? Dit het dalk ook so vir die Israeliete gelyk. Let op dat God vir Josua gesê het dat die mure op die sewende dag sou ineenstort, maar Josua het dit nie vir die mense gesê nie. Hulle moes net aanhou marsjeer. Die Here vertel ons ook nie alles nie! Deur die pen van Paulus spoor Hy ons aan: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV). Hou dus aan marsjeer, hou aan bid en hou aan glo. Vandag mag dalk die dag wees wanneer die mure van jou Jerigo ineenstort. Jy is dalk net ‘n paar treë weg van ‘n oomblik soos hierdie: ‘Toe die volk hoor dat die ramshorings die teken gee, het hulle die aanvalskreet uitgeskreeu. Die mure het inmekaar gestort. Almal het oorgeklouter, reguit die stad in. Hulle het die stad ingeneem’ (Josua 6:20 NLV). Die einste mure wat hulle uitgehou het, het die trappe na oorwinning geword. Hou dus aan marsjeer en glo. Verslaan jou vestings met die geestelike wapens van aanbidding, Skrif en gebed. Dis net ‘n kwessie van tyd voordat jou Jerigo val.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min