Woord vir Vandag - 8 Sep 2026

Loading player...
“Selfs as jy ‘n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee… verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.” Matteus 10:42 NLV
Een lewe op ‘n slag
Les Goldberg se vriende het gedink hy was mal toe hy ‘n huis koop om aan haweloses te verhuur. As ‘n afgetrede ingenieur het Les gevoel dat dit die enigste besluit is wat hy kon neem. Hy het elke dag minstens een uur saam met sy hawelose vriende bestee en gehelp om verskeie eiendomme namens hulle op te knap. Goldberg het nooit die haweloses as onverantwoordelik of onbetroubaar beskou nie; hy het hulle slegs as mense gesien. Mense wat seer het! Hy het beplan dat die huis wat hy gekoop het, as beide ‘n tydelike skuiling en ‘n inloopsentrum gebruik kon word – ‘n plek waar haweloses hulle pos kon ontvang, telefoonoproepe kon maak, werksaanbiedinge kon opvolg en donasies kon ontvang. Vier hawelose mans het in die huis gewoon en minimale huur betaal om uitgawes te dek. Huisreëls was streng: geen alkohol, geen dwelms, geen rondlê nie. Goldberg was nooit ryk nie. Vir twintig jaar het hy sy eie besigheid bedryf en ongeveer $25 000 per jaar verdien deur brandsproeiers te ontwerp en te installeer. Hy was eenvoudig ‘n man wat ‘n onvervulde behoefte gesien het en ‘n manier gevind het om dit te help vervul. Moeder Teresa het gesê: ‘Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan almal klein dingetjies met groot liefde doen.’ Jesus het dit so gestel: ‘Selfs as jy ‘n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy ‘n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.’ Terwyl jy deur hierdie dag gaan, hou jou hart oop en vra God om jou ‘n oplossing vir iemand anders se probleem te gee. Wanneer jy dit doen, sal jy jou beloning vir seker nie misloop nie.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min