Woord vir Vandag - 7 Sep 2026

Loading player...
“’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’” Jeremia 29:11 NLV
Streef God se doel vir jou lewe na
Niks is meer bevredigend as om jou lewensdoel te ken nie - selfs wanneer teenstand ondraaglik lyk en ander afleidings dreig om dit te oorskadu. Dikwels wanneer mense sê dat hulle nie ‘n passie vir enigiets het nie, bedoel hulle eintlik dat hulle nie die geloof het om te glo dat hulle dit kan doen wat hulle werklik in hul harte begeer nie. Jesus het geweier om toe te laat dat enigiemand sy aandag van sy doel aflei. ‘Toe het iemand uit die skare geroep: ‘Leermeester, sê asseblief vir my broer om ons pa se boedel met my te deel.’ Jesus het geantwoord: ‘Vriend, wie het My as regter oor julle aangestel om oor sulke dinge te besluit?’’ (Lukas 12:13-14 NLV). In wese het Jesus gesê: ‘My aandag gaan nie afgelei word deur ‘n arbitrasieverhoor tussen julle twee te hou nie. Dit is nie deel van my doel hier op aarde nie.’ Selfs op die dag wat Jesus sy lewe aan die kruis gegee het, was daar baie siek mense wat genesing nodig gehad het en ‘n magdom ander onmoontlike situasies wat sy aandag vereis het. Hy het egter geweet dat alles deur die krag van sy dood en opstanding aangespreek sou word. Dus, ten spyte van onopgeloste probleme, het Hy vol vertroue aan sy hemelse Vader hierdie verslag oor sy bediening gegee: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). Jesus het geweier om toe te laat dat sy dissipels, Satan, welmenende familielede, behoeftige mense of enigiemand anders Hom van sy doel weerhou het. Jy moet ook leer om dit te doen. Dit laat die vraag ontstaan: Kan jy jou Godgegewe doel in ‘n enkele sin stel? Streef jy dit na?
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min