Woord vir Vandag - 2 Sep 2026

Loading player...
“Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ‘n genadegawe gegee.” Efesiërs 4:7 NLV
Gebruik die gawe wat God jou gegee het
Paulus het gesê dat toe Jesus ‘…in die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes meegevoer en geskenke aan die mense gegee’ (vers 8 NLV). Hy het die metafoor van ‘n seëvierende koning gebruik. Dit was algemeen in Paulus se tyd dat die verowerende monarg sy prestasie gevier het deur geskenke aan sy mense te gee. Jesus het dit ook gedoen. Nadat Hy die sonde en die dood aan die kruis verslaan het, het Hy na die hemel opgevaar, sy regmatige plek aan die regterhand van God ingeneem en ‘…geskenke aan die mense gegee.’ Wat ‘n heerlike gedagte! Jesus, wat vir ewig die kroon dra, deel vermoëns en vaardighede uit: ‘Pieter, neem jou plek in die veld van medisyne in. Maria, jou gebied is rekeningkunde.’ Almal kry ‘n gawe en hierdie gawes kom in verskillende dosisse en kombinasies voor. ‘Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente’ (1 Korintiërs 12:7 ABA). Ons erfenis is op genade en gelykheid gebaseer, maar ons lewensopdragte is volgens maat gemaak. Geen twee sneeuvlokkies is dieselfde nie. Geen twee vingerafdrukke is dieselfde nie. Waarom sou twee vaardighede dieselfde wees? Geen wonder dat Paulus gesê het: ‘Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is’ (Efesiërs 5:17 NLV). As jy nie weet wat jou lewensdoel is nie, sal jy nooit die lied sing wat God vir jou stem geskryf het nie en nooit die wenstreep met arms wat hemelwaarts gestrek is oorsteek en verklaar: ‘Ek is gemaak om dit te doen!’ nie. Daarom sê die Bybel: ‘Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk’ (Galasiërs 6:4 AFR83).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min