Die Afrika Mayibuye-beweging sê die Verkiesingskommissie moet dieselfde verligting aan alle politieke partye bied wat benadeel is deur probleme met aanlyn stelsels vir kandidate-benoemings. Die Konstitusionele Hof het die ANC tegemoetgekom oor 181 kandidate wie se besonderhede wel vasgelê is, maar nie finaal ingedien is nie. Woordvoerder Sydney Baloyi sê…
Meer as 1 500 vroulike beamptes van multi-agentskap wetstoepassing en sekuriteitsektore het in September 'n landwye Operasie Basadi-veldtog gelei, wat geslagsgebaseerde geweld, kinderuitbuiting en algemene misdaad geteiken het. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat die verhoogde mannekrag tot talle arrestasies gelei het, wat wissel van veediefstal tot verkragtingsake…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend by die Staatshuis die Namibiese nasionale vlag formeel aan Span Namibië oorhandig, vooruitlopend op die 2026-Somerjeugolimpiese Spele in Dakar, Senegal. Die Minister van die Presidensie, dr. Charles Mubita, het die span aangemoedig om eerste op diplomasie te fokus.
Die energiekenner Harald Schütt lewer kritiek op die regering se beweging na kernkrag en waarsku dat die tegnologie buitensporig duur is en kritieke hulpbronne van noodsaaklike dienste soos water, voedsel en vervoer kan wegtrek. Dit volg op die aanstelling van John Titus as die land se eerste kernkommissaris, terwyl die…
Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.