Versigtig met feesvier oor Trans-Kalahari-spoorprojek

Loading player...
Bestuurskenner Pius Dunaiski sê Namibiërs moet die potensiële ekonomiese voordele van die voorgestelde Trans-Kalahari-spoorwegprojek van 264 miljard Namibiese dollar verwelkom, maar waarsku teen te vroeë feesvieringe. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Dunaiski gesê hoewel die projek se belofte van 10 000 werksgeleenthede bemoedigend is, behoort die publiek die uitvoerbaarheid, befondsing en bestuur daarvan te bevraagteken, veral in die lig van TransNamib se lang geskiedenis van finansiële verliese en verkrygingskontroversies.
7 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nasionale Enduro-kampioenskap sluit af met uitdagende Gallina-renne

Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap het Saterdag by die Gallina-baan noord van Windhoek plaasgevind, met sowat 40 ryers wat in agt klasse meegeding het. Die byeenkoms het vanjaar ’n ander formaat gevolg, met ryers wat transponders gebruik het om hul tye by kontrolepunte op die roete aan te…
8 Nov 11PM 1 min

Verspreide buie kan hitte in noorde en sentrale Namibië verlig

Daar is goeie kanse op verspreide buie oor die noordelike en sentrale dele van Namibië môre en Dinsdag. Temperature het die naweek in dorpe soos Okahandja en Tsumeb tot 38 grade gestyg, terwyl Windhoek ook warm toestande ervaar het. Die reën kan welkome verligting van die hitte bring. Onafhanklike meteoroloog…
8 Nov 11PM 1 min

ANC se swak verkiesingsvertoning 'n waarskuwing vir bevrydingsbeweging

Bestuurskenner en voormalige diplomaat Pius Dunaiski sê die ANC se swak vertoning in Suid-Afrika se munisipale verkiesings behoort as ’n waarskuwing te dien vir bevrydings-bewegings regoor die SAOG-streek. Met die ANC se steun wat tot ongeveer 31 persent gedaal het, meen Dunaiski dat dié afname ’n breër verswakking van politieke…
8 Nov 11PM 1 min

Stad Windhoek waarsku teen boikot van munisipale betalings

Die Stad Windhoek maak sterk kapsie teen oproepe aan inwoners om munisipale betalings te boikot, en waarsku dat persone wat hieraan gehoor gee, reg-s-gevolge kan verwag. Die munisipaliteit beklemtoon dat betaling ’n wetlike plig is... en hou vol dat die opskorting van dienste ’n wettige krediet-beheermaatreël is wat daarop gemik…
8 Nov 11PM 1 min

ANC-steun daal, koalisies nou noodsaaklik in SA

In Suid-Afrika sal koalisies nou in byna twee derdes van munisipale rade nodig wees om bestuur en dienslewering te laat vlot. Dit volg op die ANC se swakste vertoning sedert 1994. Die ANC kon net 30,8 persent van stemme trek, byna 15 persent minder as in 2021. Die ANC beheer…
8 Nov 10PM 1 min