Backyard Tenants wag steeds vir dienste op Farm 37

Loading player...
Byna 'n jaar nadat die Backyard Tenants-gemeenskap op Farm 37 buite Walvisbaai om formele nedersettingstatus gevra het, wag inwoners steeds vir goedkeuring van die munisipaliteit en die lynministerie. Dit is ten spyte van 'n toekenning van 75 miljoen Namibiese dollar deur die ministerie in 2025 om die gebied te ontwikkel. Die groep se woordvoerder, Immanuel Festus, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat inwoners sonder amptelike nedersettingstatus sonder basiese dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie moet klaarkom.
5 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapstad-polisie ondersoek dodelike skietery by die Bellville Taxi-staanplek

Die polisie in die Wes-Kaap het 'n skietvoorval by die Bellville-taxistaanplek veroordeel, waarin vier mans dood is, terwyl nog 'n persoon en 'n kind Saterdagaand beserings opgedoen het. Die polisiewoordvoerder, Frederick van Wyk, sê voorlopige verslae dui daarop dat die slagoffers omstreeks negeuur by die langafstandgedeelte van die taxistaanplek was,…
9 Nov 1AM 1 min

Oliepryse wissel, brandstofverligting onseker

Internasionale oliepryse bly wisselvallig, en Namibiërs moet nie op spoedige verligting by die brandstofpomp reken nie. Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, sê ’n verandering van 10 Amerikaanse dollar per vat kan plaaslike brandstof-pryse met sowat een Namibiese dollar per liter beïnvloed.
9 Nov 1AM 1 min

IPC se nuwe Khomas-voorsitter moet party se vertroue herstel

Die nuwe IPC-voorsitter in die Khomas-streek, Emrick Nangolo, sal volgens sy voorganger, Fritz Kaufmann, die uitdaging moet aanpak om die party se vertroue onder Namibiërs te versterk. Kaufmann sê die party moet gedissiplineerd en georganiseerd bly om betekenisvolle verandering teweeg te bring. Hy het by die streek se verkiesingskonferensie in…
9 Nov 1AM 1 min

COSATU vra sterker handels- en diplomatieke verhoudings tussen SA & VSA

COSATU vra die regering om voort te gaan met gesprekke met Washington ten einde diplomatieke betrekkinge te versterk en handel en belegging met die Verenigde State en ander groot handelsvennote te bevorder. COSATU se woordvoerder Matthew Parks hoop dat die pas verkose Amerikaanse Kongres met die Amerikaanse regering in gesprek…
9 Nov 12AM 1 min